BESONDERE GELEENTHEDE
1. GEMEENTE “BRUNCH” (Januarie)
Op die tweede Sondag na die staatskole in Januarie begin het, hou ons ‘n groot gemeente Brunch net na die oggenddiens. Kontak Willie 012 460 3913
2. BELYDENISAAND (Maart)
Hoewel ‘n dooplidmaat of nuweling belydenis van sy/haar geloof ook op ander tye kan doen, kies die meeste jongmense om dit in Maart te doen. Die bekende Affie-seunskoor tree dié aand op.
3. PAASNAWEEK (Maart/April)
Paasnaweek is vir ons die grootste Christelike fees. In die groot lydensweek is daar elke aand ‘n “stil” diens waarin jy Nagmaal kan gaan haal. Op Vrydagoggend om 06:00 plant ons ‘n kruis op Klapperkop en gaan haal dit af op Paassondag. Ons hou ook ‘n nagmaalsdiens by ons kerkgebou op Vrydag en ‘n Paasdiens op Sondag. By die fees drink ons vonkelwyn en eet sjokolade. Kontak die kerkkantoor.
4. PINKSTERWEEK (Mei)
Ons hou gewoonlik agv die koue en die beskikbaarheid van sprekers/kunstenaars ons jaarlikse Pinkster een week voor ander gemeentes. Dié fees oor die werk van God se Heilige Gees vind plaas by Huis Piek (soggens), saans vir kinders (saal) en vir volwassenes en tieners (erediensruimte). Die sprekers/inleiers wissel van jaar tot jaar en ons nooi dikwels vyf verskillende lidmate/leraars vir dié week. Kontak André 072 314 0708
5. LENTEKERMIS (Augustus)
Ons kermis is ‘n groot geleentheid vir ons omgewing. Voor die tyd bak en werk ons saam om produkte aan te vul. Op die Vrydagaand is daar rondom ‘n vuur ‘n kuier met wyn, kerrie-en- rys. Jy kan verwag om op die Saterdag goeie wyn, ‘n skaars boek, pannekoek, poeding, vars vleis van die plaas, ‘n deli vol produkte en gevriesde etes.
6. LENTEDIENS (September)
Ons hou jaarliks op die Sondag in die kwartaal naaste aan die dag-en-nag ewening (21/22 September) ‘n informele diens in ons gemeentetuin.
7. DANKDIENS (November)
As deel van ons tiende dankbaarheidsoffers hou ons vroeg in November ‘n dankdiens waar ons lofliedere sing vir al die seën van die jaar en ‘n klaaglied voor God lees vir die lyding en misdaad wat ons getref het.
8. KERSSANGDIENS (November)
Op ‘n Sondagaand in November om 18:00 hou ons ons jaarlikse Kerssangdiens. Kontak Betsie Schaap 082 774 9376.
9. KERSLIEDERE BY KERSLIG (November/Desember)
Vanaf 2014 wil ons saam met ons vennoot-gemeente Groenkloof, ‘n Kersliedere byeenkoms op die laaste Sondag van November of die eerste van Desember hou in Jan Celliers park, Groenkloof. Sekuriteit word gereël.