Kontak Besonderhede

ADRES
353 Deystraat,
Nieuw Muckleneuk
(oorkant Anton v Wouw Laerskool)

POSADRES
Posbus 2492
Brooklyn Square
0075

 

EREDIENSTE SONDAE

Klassieke diens:  09:00
Gesinsdiens:*
 09:00
Kindergroepe:*

ongeveer
10:00
Aanddiens:*  18:00
Tienergroepe en Belydenisklas:*
Net na aanddiens
 
*Slegs in skoolkwartaal  

 

KERKKANTOOR
353 Deystraat
Nieuw Muckleneuk
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
012 460 3913

 

PERSONEEL
Leraars

André van Niekerk
Rotsvygielaan 295
La Montagne
072 317 0408

Bernice Serfontein
083 417 5133

Dienste by aftreeoorde
Willie Botha
082 573 2690

Gemeente organiseerder
Hannatjie Venter
082 811 5997


Sekretaresse
Estelle van der Vyver
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tel: 012 460 3913

Gesinsdiens
Harm Kelderman
084 584 5298

Orrelis
Betsie Schaap

082 774 9376

Koster
Jabu Mtau

064 700 7004

Kerkraad voorsitter
Stephan Barac
082 554 8941

Onder-voorsitter
Maarten van Hoven
083 412 7885





Gemeentebrief: 8 November 2019

Liewe Lidmaat

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Ons bid vir die aarde.  Vir die skilpad wat teen die klipkraal se muur teen die son se woede gaan skuiling soek het.  Vir die kelkiewyne wat vroegdag by die pannetjie die laaste modder net so agtergelaat het.  Vir die steenbok wat met sy uitgeteerde lyf in die veld strompel op soek na iets wat hom uit die doodsakker sal weglok.  Vir die dorperooi wat met versonke oë na die droë krip staar waar die laaste kruipvoer deur die honger veldmuis weggedra is.  Vir die klipdasse wat die kokerbome se blare tot dood toe afgeëet het ...

 

Ons bid vir die aarde.  Vir die vlakvark wat plankdun vergeefs vir ’n wortel met sy twee sekels grawe.  Vir die erdvark wat snags sukkel om die veld se laaste termiete uit te dolwe.  Vir die bokoorvossies wat lank ná sonop steeds krieke en muise soek wat hulle al voor die winter klaargemaak het.  Vir die ou bruinwolf wat snags die droë bene na sy skuilplek onder die anaboom dra.  Vir die kleinboere wie se mielies spierwit op die landerye verdor het.

 

Ons bid vir die oseane om af te koel, want dan sal die volg hemel toe rys en wolke oor die vasteland heen voortbring en die nood van mens, dier en plant verlig.

 

Ons bid, ons hoop, ons vra mooi.

-       Verkort uit Beeld, 5 November 2019 deur Gerhard Verdoorn, Uit ons omgewing.

 

EREDIENSTE

Sondag 10 November 2019

HERINNERINGSONDAG

09:00 Herinneringsdiens o.l.v. ds. André:  Wanneer vind mens God? Wanneer ons onthou! Psalm 66.

Musiek:  Betsie Schaap

(Ons dink o.a. terug aan afgestorwenes van Desember 2018 tot November 2019.)  Obie en Hermien Bekker se dogter, Alta; Andrinette Bergenthuin se broer; Martie Moolman se skoonseun, Robert Goëbel; Louis Nel (Huis Piek); Hannatjie Venter se suster, Ria Opperman; Julie Zitzke; Cas Wepener se suster, Arina; Stef Naudé; Henry van Kerken; Dawina Lemmer se suster, Cora; Julius Köhler; Charmara Cronjé; Gert Hugo; Marianna Louw se broer, Louis van Tonder; Pieter Oosthuizen se suster; Jabu Mtau se suster Phindile Mtau; Lukas en Jenny Raath se swaer, Dalmain Jordaan;  Ann Robberts en Enoch Mabelane.

09:00  Gesinsdiens in saal o.l.v. ds. Harm

10:00  Junior jeuggroepafsluiting en partytjie op Sondag 10 November na afloop van die gesinsdiens in die saal.  Ons jongmense gaan heerlik saam kuier.  Sien jou daar!

Tee:  Baie dankie aan Naomi Viljoen en Carene Geldenhuys.

Blomme:  Baie dankie aan Karien Kromhout.

Aanddienste en tienergroepe het afgesluit vir die jaar.

 

DANKOFFERMAAND

Vir die van u wat vertroud is met hierdie gebruik sal weet dat hierdie dankofferbydrae ’n addisionele jaarlikse bydrae is bo en behalwe die maand- en erediensbydraes wat u maak.  Vir ons jaarlikse dankoffermaandbrief kliek hier.  Aangeheg ook ’n debietorder.

 

 

ONS FINANSIES

 

 

LIEF EN LEED

Ongesteld:  Daan de Klerk (EM rug operasie); Carel van der Merwe (ZA intensief); Anna Brütten (oor prosedure); Janetta van Niekerk se moeder (GL); Annatjie Kemp se moeder, Amanda van Straaten (Unitas).

 

Seënwense aan Nico de Klerk wat ’n kleinseun, Estiaan Esterhuysen ryker geword het.

 

GELOOFSGESPREK

Gespreksgroep op Woensdag 13 November 2019 om 09:00 o.l.v. ds. André in die kapel. Kom ons sorg vir God se huis:  Ekonomie én ekologie.

 

HITTE TOESTANDE

Ons wil graag ook ’n voorbeeld stel met ons gemeente tuin in ons veranderde klimaat en droogte. Neem asb. kennis dat:

  1. Gras nie meer kort gesny gaan word nie maar medium lengte gaan hê om uitdroging te verminder.
  2. Ons sal soggens en saans tuin natmaak met boorgat water ten einde verdamping te verminder. Jabu se werktyd sal aangepas word.
  3. Plek-plek sal ons groen loofplante met sukkulente (vetplante) vervang sonder om nuwes aan te koop.

 

ELEKTRISITEIT ONDERBREKINGS

Ons is weer in die tyd van elektrisiteit onderbrekings.  Wanneer die kerkkantoor ’n elektrisiteit onderbreking het werk die telefone nie.  Kontak die personeel dan op hulle selfone.  Estelle van der Vyver 078 194 0220 en Hannatjie Venter 082 811 5997.

 

BESONDERE GELEENTHEDE

* GHOLFDAG

Ons gholfdag van 14 November moes a.g.v. gebrekkige belangstelling gekanselleer word.  Fooie sal terug betaal word.

 

* KERSSANGDIENS (GROENKLOOF)

Op Sondag 17 November 2019 om 19:00 vind Groenkloof gemeente se Kerssangdiens plaas.

 

* KERSSANGDIENS WATERKLOOFKERK

Op Sondag 24 November 2019 om 18:00 vind ons Kerssangdiens plaas.

 

OGGENDBYEENKOMS 28 NOVEMBER 2019

Op Donderdag 28 November 2019 om 10:00 vind ons laaste oggend-byeenkoms vir 2019 plaas.  Prof. Hannes Pretorius gaan foto’s kom wys.  Ons gaan lekker saam kuier, wors braai en slaai geniet.  Laat weet asb. die kerkkantoor 012 460 3913 teen 25 November as jy die byeenkoms wil bywoon.

 

OU KIAATDEURE

Ons het twee ou kiaatdeure wat vroeër in die saal was.  Indien iemand daarin belangstel kan jy dit gratis kry en self wegry.  Die deure kan gesien word aan die westekant van die saal.

 

KLAVIER

Ons is op soek na ’n goeie tweedehandse klavier.  Indien jy weet van so ’n klavier kan jy ons kontak by die kerkkantoor 012 460 3913.

 

PROJEKTE

Herwinning:  Gee asb. u gebruikte bottels, plastiek (hard en sag), papier en blikkies by ons herwinningspunt (regs van gemeentehuis se motor ingang) af. 

▪ Toiletpapier:  Pretoria Gemeente onderhou en bestuur ‘n kleuterskool en ‘n huis vir haweloses.  Hulle benodig 100 rolle toiletpapier per maand vir hulle toilette. Indien u kan help gee asb. by kerkkantoor af of plaas in rooi trollie in die ingangsportaal of in ’n houer in die saal.

▪ Seilsakkies: Waterkloofkerk het seil sakkies (vou op in ‘n beursievorm) beskikbaar wat ons in ons inkopie lewe kan gebruik.  Die seil sakkies is Sondae na afloop van die erediens te koop teen R30,00 (in die week by die kerkkantoor). Kom ons ondersteun die projek en wys dat Waterkloof omgee!

▪ Ons Huis (Sepedi: Re Gae) – projek in Daspoort

’n Paar jonger lidmate neem inisiatief!  Hulle ondersteun ’n kleuterskool in ’n informele nedersetting in Daspoort. Ons wil as gemeente dié met gesonde kos en ander dringende behoeftes ondersteun. Die projek toon potensiaal vir ons as gemeente om langtermyn betrokke te wees. Die primêre behoefte is om water op die terrein te kry. Dankie aan die persoon wat die watertenk geskenk het. 

Ons gaan op 9 November die watertenk installeer en klein werkies op die terrein doen. Ons gaan saam kuier, braai en die gemeenskap leer ken. Waterkloof gee om!  Indien jy op Saterdag 9 November wil saamgaan. Ons ry 07:30 vanaf die kerk.

Roete aanwysings:

Met ‘n GPS: Theo Slabbertstraat363. Van 363 Theo Slabbertstraat, ry reguit aan totdat dit ‘n grondpad word. Hou reguit aan met die grondpad tot by die T-aansluiting. Draai dan links. Ry reguit aan vir ongeveer 150m. Skooltjie aan jou linkerkant

GPS koördinate: -25,7239, 28,1228.

Sonder GPS: Vanaf fonteine-sirkel, neem die M18 (Christina de Wit). Draai regs by die robot in Eeufeesweg, hou aan met Eeufeesweg vir 7km. Draai links in Quaggastraat. Na 750m, draai regs in Transoranjestraat en hou aan vir 5km (deur Daspoort tonnel). Draai links in Van der Hoffstraat. Na 1.5km, draai links in Theo Slabbertstraat (eerste straat na Attiestraat).  Ry reguit in Theo Slabbert straat totdat dit ‘n grondpad word. Hou reguit aan met die grondpad tot by die T-aansluiting. Draai dan links. Ry reguit aan vir ongeveer 150m. Skooltjie aan jou linkerkant

 

CAS EN CLARA WEPENER SE HUISHULP

Suzan Zubane het die afgelope tien jaar vir Cas en Clara Wepener as huishulp in Waterkloof gewerk. Hulle beveel haar met vrymoedigheid in alle opsigte aan. Dit sal waardeer word indien lidmate haar naam en nommer (sel nr 0722181207) kan aanstuur vir mense wat moontlik mag belangstel in haar dienste.

 SEKURITEITSMAATREËLS

Om by die kleinhekkie (2) op die grasperk uit te gaan druk 2580.  Indien u nadat die hekke op ‘n Sondag gesluit is wil inkom, druk 150# op die sleutelbord by die kleinhekkie (2) vir Jabu of 151# vir Hannatjie.  Moet dit asb. met niemand deel nie.

 

LEES- EN SKRYFKLASSE

Donderdae vanaf 13:15 – 14:15:  Engelse lees- en skryfklasse.

Belangstellendes kontak die kerkkantoor 012 460 3913.

 

ADULT EDUCATION AND TRAINING (AET) OP WEEKSAANDE

Mense met enige moedertaal kom vir onderwys vanaf Vlak 1 (lees en skryf) tot en met Graad 12.  Klasse word vanaf 17:30 tot 19:30 op Maandae – Donderdae gedurende skoolkwartale aangebied.   Navrae kontak die kerkkantoor 012 460 3913.

 

LERAARS

  • Indien u ds. Willie benodig, skakel hom 082 573 2690.
  • Indien u ds. Bernice benodig, skakel haar 083 417 5133.
  • Indien u ds. André benodig, skakel hom 072 317 0408.

 

KERKKANTOOR

Die kantoor is elke weeksoggend oop van 08:30 tot 13:30.

Kontakbesonderhede 012 460 3913 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of gaan na www.waterkloofkerk.co.za  vir meer inligting.

Stuur kommentaar of skryf dit op die geel vormpie wat in die kerkbanke geplaas is. 

 

WEBBLAD

Besoek ons webblad www.waterkloofkerk.co.za.

Op versoek sal ons van die afgelope twee maande se boodskappe op die webblad plaas.

 

FACEBOOKBLAD

Ons beskik oor ‘n Facebookblad.  Om op hoogte te bly van al die kerkgebeure en foto’s, besoek “Waterkloof gemeente” op Facebook.

 

SNAPSCAN

   

Ons beskik oor SnapScan.  U kan die toepassing op u selfoon aflaai en dan gedurende die erediens u offergawes of maandelikse bydraes met SnapScan aan die gemeente oordra. U kan ook allerlei ander betalings (bv. winkels en markte) so kontantloos en veiliger doen. 

 

DEBIETORDER

Indien u graag u dankoffer per debietorder aan die kerk wil gee of wil verhoog, kliek hier vir ‘n debietordervorm.

 

BANKBESONDERHEDE

Gemeente se bankbesonderhede:

NG Kerk Waterkloof

ABSA Brooklyn Mall Takkode 33-53-45

Lopende rekening 1500 580 077

 

Dankie vir julle kommentaar. Stuur asseblief (a) name van lidmate wat ongesteld is; (b) kommentaar oor hierdie brief en (c) e-posadresse (bv. u man/ vrou/kind/lidmaat oorsee) waarheen ons die brief kan stuur. U kan hierop net “reply”.

 

Seënwense vir jou naweek – Estelle van der Vyver

Spesiale Geleenthede

Spesiale geleenthede

Ons gholfdag moes a.g.v. gebrekkige belanstelling gekanselleer word.  Fooie sal terug betaal word. ___________________________________ KERSSANGDIENS SONDAG 24 NOVEMBER 2019 OM 18:00

Read more

Hierdie week se Gemeentebrief

Gemeentebrief

Gemeentebrief: 8 November 2019 Liewe Lidmaat GEDAGTE VIR DIE WEEK Ons bid vir die aarde.  Vir die skilpad wat teen die klipkraal se...

Read more

Hierdie week se Bulletin

Bulletin

Bulletin 10 November 2019

Read more

Hierdie week se Liturgie

Liturgie

Liturgie 10 November 2019

Read more

Boodskappe en bybelstudies

Boodskappe en bybelstudies

Om met die here se seën te lewe 11 Augustus 2019 Misterie van die koninkryk 21 Julie 2019 Om met God te...

Read more

Dankoffermaand

Dankoffermaand

 Dankoffermaandbrief Debietorder

Read more