WELKOM BY WATERKLOOFKERK SE WEBBLAD
SONDAG 29 SEPTEMBER
09:00 Erediens in die kerkgebou (Kanselruiling met Groenkloofgemeente) o.l.v. Ds. Francois Smit. Die soeke na waarheid te midde van ‘n vloedgolf van idees...
Musiek: Betsie Schaap
Kuier en verversings op die Stoep
KLANKOPNAME VAN EREDIENSTE:
Bereik die woorddienste op YouTube soos volg:
Gaan na YouTube op u Google soekenjin. Soek "NG Kerk Waterkloof" in die soekfunksie.
Ons boodskappe is almal daar beskikbaar. U kan selfs die NG Kerk Waterkloof Kanaal
op YouTube volg.
Voed jou gemoed:
Klik hier vir hierdie week se 'Sit in Mekaar se Stilte 144 – Met my hand in Syne, word aanlyn aangebied deur François Wessels.
Baie dankie, François!
Midweekboodskap: Klik hier vir die week se boodskap – Hoe leef en is ek dankbaar. Baie dankie, Ds. Pieter. Ons waardeer u tyd en bemoeienis opreg.
GEMEENTEOORSIG
Waterkloof-gemeente is vanjaar 65 jaar oud en ons het tans ongeveer 1 195 lidmate en kinders.
Die gemeente se tradisionele woongebiede is Nieuw Muckleneuk, Waterkloofrif en Waterkloof,maar talle van ons lidmate kom van elders – so ver as Tiegerpoort en Irene.
Waterkloof is ‘n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamilie en is in die Ring van Pretoria-Oos saam met die gemeentes Groenkloof, Waterkloofrif, Monumentpark, Monumentpark-Wes en Pretoria-Oos.
Vir Waterkloof-gemeente is dit baie belangrik om ‘n warm, gesellige en ontspanne atmosfeer te kan skep waarin almal welkom en tuis kan voel.
Ons geloofsdenke staan nie ontdekkinge en ontwikkelinge van die Bybelwetenskappe en Natuurwetenskappe teen nie maar verwelkom dit.
God is immers groter as ons huidige verstaanspatrone.
Ons geloofsuitlewing is meer volgens die Gereformeerd-mistieke patroon as byvoorbeeld volgens die Charismaties-emosionele patroon.
Daarom sing ons meestal uit die skatkis van klassieke kerkliedere met orrel en ander instrumente.
(Sien meer hieroor in Ons Kernwaardes)