Ons Leraars kuier graag by ons gemeentelede en veral nuwe lidmate. Neem vrymoedigheid om ook ‘n Leraar of die Kerkkantoor te kontak indien u ‘n besoek verlang.
Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars vir ‘n besoek en ondersteuning.
Dit is vir ons ‘n voorreg om gereeld by ons ouerwordende lidmate besoek af te lê. Skakel gerus die kantoor of die leraars vir ‘n besoek.